NB!!!
Welkom terug vir die nuwe kwartaal! Sterkte met die akademie.
DRINGEND: Skool sluit Vrydag om 13:00 weens die interskole toernooi.
Baie geluk aan ons senior koor wat goud behaal het!
Welkom terug vir die nuwe kwartaal! Sterkte met die akademie.
DRINGEND: Skool sluit Vrydag om 13:00 weens die interskole toernooi.
Baie geluk aan ons senior koor wat goud behaal het!
Welkom terug vir die nuwe kwartaal! Sterkte met die akademie.
DRINGEND: Skool sluit Vrydag om 13:00 weens die interskole toernooi.
Baie geluk aan ons senior koor wat goud behaal het!
Wapen
Bastion Hoërskool
Karakter & Identiteit

Ons Skool se Geskiedenis
en Karakter

Gestig in 1981. Van 'n beskeie begin tot 'n trotse vesting vir identiteit, kultuur, en progressiewe kennis aan die Wesrand.

Die Oorsprong

Van Hoërskool Mindalore tot 'n Onwrikbare Bastion

Die skool begin op 22 April 1981 as Hoërskool Mindalore met bloot 13 onderwysers en 207 leerders in graad 8 en 9. Die naamverandering na Hoërskool Bastion was strategies en diepsinnig geïnspireer deur die omringende straatname.

"Soek uit die verlede dit wat goed en reg was en bou daarop voort in die toekoms."

— President Kruger
1981

Die Stigtingsjaar

Skool open sy deure met slegs 13 toegewyde opvoeders en 'n eerste kohort van 207 graad 8 en 9 leerders.

Wat is 'n Bastion?

'n Burg, 'n vesting, 'n fort. Dit herinner aan die kasteel wat na die volksplanting gebou is om teen gevare te beskerm, van waar kosbare dinge beveilig en uitgebou is.

Die Moderne Mandaat: Bastion Bou!

Hier word daar progressief vorentoe gebou aan elke kind se toekoms, terwyl daar by die leerder die wil gekweek word om self 'n aandeel te hê aan die bou van sy of haar eie lot.

Die Anker van Karakter

Ons Waardes

"Maar die vrug van die Gees is..." — Galasiërs 5:22-23

Liefde
Vreugde
Vrede
Geduld
Goedhartigheid
Goedheid
Getroudheid
Sagmoedigheid
Selfbeheersing
Simboliek Onthul

Wat beteken ons skoolwapen?

Klik of tik op die interaktiewe vektore en bloudruk-segmente om die dieper betekenis van die Bastion-skoolwapen te verken.

Hoërskool Bastion Crest
SYS_STATUS: ACTIVETARGET: ALL
Oorsig Analise

Die Volledige Skild & Mandaat

Binne die beskerming van Bastion wil ons dié dinge beveilig wat vir ons kosbaar en dierbaar is: ons tradisies, ons godsdiens, ons taal en fyn menswees. Op dié wyse doen elkeen wat deel van die Bastion-storie is sy deel om aan die skeppingswonder te help bou.

Leuse: BASTION BOU!
Die Toekomsblik

Ons Visie

Om die toonaangewende en gerespekteerde onderwysinstelling aan die Wesrand te wees, waar elke kind se volle potensiaal ontsluit kan word.

Operasionele Mandaat

Ons Missie

Om aan die hand van 'n Afrikaanse waardegedrewe opvoedingsmilieu, onderrig en opvoeding daar te stel, wat deur die volgende beginsels ondersteun word:

1Onderwys- en leergeleenthede in vier studierigtings.
2Leer- en intervensie geleenthede vir elke unieke leerder.
3Kwaliteit onderwys deur diensbare leierskap.
4Gesonde balans tussen akademie, sport og kultuur.
5Gevestigde en regverdige dissiplinêre sisteem.
Filosofiese Riglyn

Ons Credo

"Ek glo ek is geskape na die beeld van God."
Omole moet ek die goddelike in my medemens erken, eer en respekteer.
2 Timoteus 4:7"Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, en ek het die geloof behou."
Musikale Erfenis

Die Amptelike Skoollied

Musiek: Ollie Viljoen • Liriek: Jackie Meyer

Deur veelbewoë eeue heen
staan hy as vaste vesting daar,
Geteister deur die wind en reën
en ook deur heiden en gevaar.

Refrein:
Bastion, o Bastion
Alles veil vir jou!
Bastion, o Bastion
Vir niks verruil ons jou!

Hier werk ons met verstand hives en hand,
'n toekoms met 'n klein begin.
Ons volg ons Skepper hand in hand
Gelowig saam die toekoms in.

Refrein:
Bastion, o Bastion
Alles veil vir jou!
Bastion, o Bastion
Vir niks verruil ons jou!

Leer meer oor ons

Ontmoet ons toegewyde leierspan en professionele personeel wat daagliks bou.